Die gemeente het verskeie aksies, uitreike en is betrokke by ons gemeenskap op verskillende terreine, waarby enigeen betrokke kan raak.
Lees gerus deur onderstaande en vind 'n plekkie vir jou voet en hart.
Om 'n finansiële bydrae te maak ten opsigte van enige van hierdie aksies/organisasies,
kliek hier.
Woord en Brood aksie
​​
Die Woord en Brood aksie is ‘n uitreik van die gemeente na ‘n Bybelskool vir kleuters wat weekliks in Phagameng aangebied word. Katie wat in Phagameng woon bestuur die projek op Saterdae. Moeders bring hulle kleuters om uit die Woord bedien te word en na die tyd kry elkeen ‘n broodjie en ‘n glasie koeldrank.
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika het ook met die bemiddeling van Ds Danie Ueckermann leermateriaal vir die uitreik geskenk sodat die kleintjies kan leer lees en skryf in hul eie taal.
Hierdie aksie het met ongeveer 150 kindertjies begin en tans is die bywoningsyfer gemiddeld 240 per geleentheid.
Op Donderdae oggende om 08:00 tot 09:00 kom ‘n span van so 10 – 12 gemeentelede in die kombuis van die kerk bymekaar om 50 brode te smeer – botter, grondboontjiebotter en konfyt! Koeldrank word aangemaak in 4x20 liter houers. Klub Helpmekaar, wat deur Stephen Kloppers van ons gemeente bedryf word, neem die broodjies en koeldrank vir die Bybelskool op Saterdae.
Hierdie brood en koeldrank word gratis versprei, maar die koste daarvan is vir die begroting van die kerk. Die weeklikse uitgawe aan koeldrank, brood, botter, olie en grondbonebotter beloop bykans R950, en dan word konfyt een keer per maand in grootmaat aangekoop. Konfyt se prys vir 20kg wat ons ‘n maand deursien is R699.
Ons doen ‘n beroep op lidmate om ‘n finansiële bydrae te maak om die koste vir die projek aan te spreek. Bydraes kan in die kerk se rekening gedoen word met die verwysing “Woord en Brood”.
Indien u betrokke wil raak by die aksie kan u gerus vir Roelof op 082 566 4805 of Petra 083 311 8788 kontak. Die samesyn op Donderdae tydens die broodsmeer sessie, maak die betrokkenheid die moeite werd.
KLUB HELPMEKAAR
​
Klub Helpmekaar, 'n geregistreerde NIE-WINSGEWENDE (WELDAADS) organsisasie (NWO) het ten doel om arm inwoners, swerwers, gesinne, bejaardes en kinders van Modimolle in nood te ondersteun.
Die werksaamhede is gesentreer in die Dienssentrum, te van Riebeeckstraat 65, Modimolle. Die Klub se winkel is ook hier ingerig en verkoop gebruikte klere en goedere ter ondersteuning van die Klub se begroting en help met broodnodige aankope van kos voorrade. Dienslewering word gekoördineer in samewerking met ander maatskaplike dienste, professionele organisasies, kerkgemeenskapdienste, privaat weldaadsorganisasies, plaaslike owerhede en die publiek.
Hulle bied die volgende projekte aan:
-
Borg 'n kleuter
Jong kinders word geïdentifiseer vir dagversorging en voorskoolse ontwikkeling by kleuterskole ten gunste van 'n gestruktureerde leeromgewing. Hierdie kostes beloop R350.00 per kind per maand.
-
Passie vir 'n Tassie
Klub Helpmekaar, in samewerking met die Ondersteuningsraad Modimolle, bedryf al vir die afgelope paar jaar 'n projek wat ten doel het om kinders te voorsien van die nodige skool skryfbehoeftes vir die jaar. Graad 1 maatjies ontvang 'n skooltassie met skryfbehoeftes.
​
-
Geleentheidsetes vir Bejaardes/Senior Burgers
Met hierdie projek word in samewerking met die Waterberg en Ons Hoop Ouetehuise 'n spyskaart opgestel vir 'n geleentheidsete en word die bestanddele daarvoor gekoop. Uitwonende Senior burgers kry ook per geleentheid 'n spesiale voedselpakkie. Aanvullende voedsel drankies word verskaf aan die senior burgers sodat dit 'n verskil kan maak aan sy/haar gesondheidstoestand, asook noodsaaklike items soos nodig.​
Gal 6:2
"Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus"
FNB Modimolle 260 247
Rekeningnommer: 62026426438
Tipe: Tjek​​
Besoek gerus hul facebook blad
Kontak Stephen Kloppers (Voorsitter) by 083 6549 568
Hul e-pos adres: klubhelpmekaarb2018@gmail.com
​
Aanwending van finansiële bydraes:
Koepons vir kruideniers (beloop tot R25 000.00 pm), lopende kostes - huur, water, krag... - onderhoud aan huise by Abba woonplek, kleutersorg, vul tekort aan met Passie vir 'n Tassie projek, noodsorg aan lede.

Huis Kiepersol/Abraham Kriel Kinderhuis
​
Ons gemeente is mede-verantwoordelik (saam met ander gemeentes) vir Huis Kiepersol by die
Abraham Kriel Kinderhuis. (Elke huis is toegeken aan 'n gemeente)
Huis Kiepersol is 'n seunshuis met ongeveer 10 - 12 seuns van graad 2 tot graad 12. Die gemeente dra
maandeliks by tot die huisfonds en gemeentelede is ook betrokke by die huiskomitee. Daar word een
maal per kwartaal 'n uitstappie, vleisbraai of kuiergeleentheid gereël vir die seuns. Daar word ook koek
of tert voorsien met 'n seun se verjaarsdag om dit bietjie spesiaal te maak en hulle word ook gereeld
bederf met beskuit.
​
​
Kontak Susan Swanepoel 082 564 1926
​
Aanwending van finansiële bydraes:
Enige instandhouding wat mag nodig wees aan die huis, vervanging/herstel van elektriese toerusting bv die wasmasjien, geskenkies aan die einde van die jaar.